Nog net 91 dae oor tot die fees!
Die Vivo Boerebemarkingsdag is Limpopo se grootste landbou-ekspo en vind op 4 en 5 September 2026 plaas.
Boere, besighede en besoekers van regoor die provinsie kom hier bymekaar om die nuutste landboutegnologie te sien, produkte te ontdek en saam te kuier.
Met demonstrasies, uitstallers, ’n snuffelmark en heerlike kos is die Vivo Boerebemarkingsdag ’n naweek wat jy nie wil misloop nie.
Waar boere en besighede mekaar ontmoet
2 days ago
🏍️ ONS NOOI ALLE KLUBS & MOTORFIETSRYERS! 🏍️![]()
Maak reg vir die Vivo Motorfietsryers Ontbyt by die Boerebemarkingsdag 2026 — ’n heerlike oggend saam met mede-ryers, lekker kos en goeie geselskap!![]()
📅 Datum: 5 September 2026
⏰ Tyd: 10:00
📍 Plek: Plas de Ruigte, Vivo, Limpopo
🎟️ Toegangskaartjie: R150
🍳 Ontbyt ingesluit by toegangskaartjie![]()
Kom ry saam, kuier saam en wees deel van Limpopo se grootste landbou-ekspo!![]()
Vir meer inligting kontak:
📞 Johan v Wyk – 083 251 7071![]()
#Boerebemarkingsdag #LandbouEkspo #NTKHoofborg
... See MoreSee Less
3 days ago
🚜 UITSTALLERS — BESPREEK NOU! 🚜![]()
Die Boerebemarkingsdag 2026 is oppad, en uitstalplekke is beskikbaar teen 2025 se pryse!![]()
📍 Vivo Boeredag – Limpopo se grootste landbou-ekspo
📅 4–5 September 2026
⏳ Plekke is beperk — moenie wag nie!![]()
Maak seker jou handelsmerk is deel van hierdie groot landbougeleentheid!![]()
📲 WhatsApp: 068 105 7365
📧 E-pos: info@vivoboeredag.co.za![]()
#BoereBemarkingsDag #vivoboeredag #landbouekspo #Uitstallers #Boerdery #LimpopoLandbou #bespreeknou
... See MoreSee Less
1 week ago
NTK! NTK! NTK! VKB Group
Ons is trots en dankbaar om NTK as hoofborg van Boerebemarkingsdag 2026 te verwelkom. ![]()
Dankie aan NTK vir julle ondersteuning, betrokkenheid en belegging in ’n dag waar landbou, gemeenskap en plaaslike inisiatief bymekaarkom. ![]()
Saam bou ons aan iets besonders.🚜🌾👨🏻🌾 ![]()
#NTK #Hoofborg #Boerebemarkingsdag2026 #Landbou
... See MoreSee Less
1 week ago
Die terrein kry vorm, die planne val in plek, en die opwinding bou! 🚜🌿![]()
Agter elke suksesvolle Vivo Boerebemarkingsdag is daar ’n span mense wat dink, beplan, meet, skuif, reël en weer beplan — alles om vir ons gemeenskap ’n dag te skep waar boeretrots, plaasprodukte, geselligheid en samewerking bymekaar kom.![]()
Kom kyk self hoe die terrein lewe kry en maak gereed vir ’n dag vol plaasgees, lekker mense en egte plattelandse warmte!![]()
Vivo Boerebemarkingsdag — waar planne grondvat en gemeenskap groei. 🌾![]()
#Plattelandfokus #Boerebemarkingsdag #Gemeenskap #Boeretrots #cvovivo
... See MoreSee Less
2 weeks ago
Lees. Volg. Luister.
BakkieBoer_Episode 1 is nou uit!! ![]()
#plattelandfokus #stadsjapieenplaasjapie
... See MoreSee Less
Van plaaspad tot podsending: ‘Bakkieboer’ vertel egte plattelandstories - Maroela Media
maroelamedia.co.za
“Ons wou iets skep wat nie net oor boerdery as bedryf gaan nie, maar oor die mense agter die boerdery, hul stories, uitdagings, geloof en gemeenskap.”2 weeks ago
Plattelandse hart klop weer sterk by Vivo Boerebemarkingsdag - Maroela Media
maroelamedia.co.za
Die Vivo Boerebemarkingsdag dien as die ideale platform waar boere, sakelui en plaaslike gemeenskappe kan saamtrek om vars idees te deel, waardevolle verhoudings te bou en die unieke plattelandse leef...Hoofborg